Kry Nu-Pro hier

Nu-Pro, Joubert St, Bethlehem

Wie is ons

Landbou Produkte is ons passie!
Die Nu-Pro Groep is in Junie 2004 gestig. Die groep het aanvanklik net uit ‘n kommoditeits maatskappy bestaan wat alle grane en rou materiale vir die veevoer bedryf verhandel oor die hele Suid-Afrika en ook buurlande. Intussen het dit uitgebrei met ‘n veevoer maatskappy en vervoer maatskappy. Die maatskappy is in Bethlehem in die Oos Vrystaat  geleë. ‘n Dinamiese span kundiges in al die afdelings bestuur alle navrae en behoeftes tydig volgens die klant se behoeftes.
Ons kern besigheid in die kommoditeits afdeling is die kontraktering van grane direk met die produsent na die meulenaar en dieselfde geld vir roumateriale vir die vervaardiging van veevoer. In die veevoer afdeling word gebalanseerde veevoer van hoogstaande gehalte vervaardig vir alle spesie. Hierdie twee afdelings word baie goed gerugsteun deur ‘n logistieke afdeling wat verantwoordelik is vir intydse lewering van alle produkte.